Vrystaat-Noordkaap Wiskunde Uitdaging |
Daar het hierdie jaar 43 leerders vanaf gr 4 – 7 aan die
Vrystaat-Noordkaap Wiskunde Uitdaging op 24 Julie
deelgeneem.
Hulle het vooraf ‘n oefenvraestel ontvang wat hulle kon
deurwerk. In die hele VS en Noordkaap het daar ongeveer
15 700 leerlinge deelgeneem.
Ons leerders het weereens puik presteer. In Gr. 4 het
Ellen Cotty, Nanushka Marais en Jana Ross bo 70% behaal.
Gr. 5 het AJ
Pitzer, Ianica Ferreira en Michael Fernandez 76%, Franco
Marx 84%, Ansoney van der Westhuizen 88%, Daniëlle
Myburgh en Fumane Moiloa beide 92% en Henke Minnaar en
Louan Kotzé beide 100% en hulle beklee die eerste
posisie in die Vrystaat en Noordkaap.
In Gr. 7 het
Theuns Delport 80%, Kaelynn Nortjé het 88% en beklee die
16de posisie. Lynné
van Wyk beklee met haar 96% die eerste posisie in Graad
7 in Vrystaat en Noordkaap.
Top
Die kompetisie het bestaan uit 4 provinsiale rondtes en
dan die Nasionale rondte.
Die vier leerders in die span, Theuns Delport, Veronique
Du Plooy, Katleho Motingoe en Lynné van Wyk
was absolute sterre.
Ons het tydens die eerste en tweede rondtes wat
in Welkom gehou is, deurgedring na die Provinsiale
semi-finaal en finale rondtes wat in Bloemfontein gehou
is op 27 Julie, hier het hulle beide rondtes gewen wat
hulle die Vrystaatwenner gemaak het en dit in ‘n
kompetisie
wat in Engels aangebied is en die meerderheid deelnemers
Engelssprekend is.
Vanaf 1 – 3 Okt was dit die Nasionale kompetsie wat in
Pretoria aangebied is. Hier is ons heerlik bederf deur
aktiwiteite te doen in die Nasionale Museum asook die
Geo-Science museum.
Ons
span gekroon
as die Nasionale wenners van die “Astronomy Quiz” Hulle
is beloon met pragtige pryse o.a ‘n skootrekenaar en ‘n
teleskoop.
Top
|