Kultuur
 
 
Debat

Ons  jaarlikse redenaarskompetisie  is op Woensdag 26 September gehou.  Sewentien leerlinge het deelgeneem  en almal  het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.

 

Ons drie gr. 1- leerlinge wat deelgeneem  het, Beané Bosch, Daniël Minnaar en Rozy Ribeiro,  verdien spesiale vermelding.

 

Die volgende leerlinge is as wenners aangewys:

Babbelbekkies (Graad 1 – 3)

Eerste plek      :           Daniël Minnaar

Tweede plek   :           Janet Marais

Derde plek      :           Beané Bosch

 

Juniors (Graad 4 - 5)

Eerste plek      :           Henke Minnaar

Tweede plek   :           GJ Wessels

Derde plek      :           Sumandri Jacobs

 

Seniors (Graad 6 – 7)

Eerste plek      :           Theuns Delport

Tweede plek   :           Kaelynn Nortje

Derde plek      :           Annerise Stander


Skaak
Skaak is vroeg die jaar saam met belangstellende graad 1 en 2 maats aangepak deur die MiniChess program te volg.  Daar leer die juniors stap vir stap hoe om skaak te speel, maar raak terselfdetyd speel-speel gemaklik met belangrike wiskundige konsepte.  Die seniors het in die derde kwartaal begin met interne skaakwedstryde en die belangstelling was ongelooflik – meer as 60 kinders het deelgeneem hieraan
Fotoklub

Na ‘n keuringsproses is die PERSKLUB gestig en die lede van die klub het hul gate uit geniet langs die sportveld en geleenthede soos die lentedag en boeresport.  Foto’s geneem deur die betrokke leerders word gebruik vir bemarking van die skool en gee ook geleentheid vir selfontwikkeling en die uitleef van ‘n stokperdjie. 

 

                                                                                                                  Top